Wednesday 11 September 2013

Krenadella Yskas Tert

1 blik onversoete melk, koud gemaak in yskas
1 klein blikkie krenadella moes
1 pakkie suurlemoen jelly
1 koppie kookwater
½ koppie suiker
2 pakkies tennis beskuitjies

Klop melk styf, Voeg suiker bietjie vir bietjie by.  Voeg krenadella moes by. Maak jelly met 1 koppie kook water aan en laat afkoel.  Voeg dan by die melk mengsel.  Plaas laag beskuitjies in plat bak,  Gooi nou laag van mengsel. Dan weer 'n laag beskuitjies en dan weer 'n laag mengsel.  Krumel in paar van die beskuitjies fyn en strooi oor tert.  Laat staan vir 15min voor u dit in yskas bere.

Resep uit Ouma Magda se resepte boek