Monday 12 August 2013

Suurlemoen Tert

Hierdie is die eerste resep in my Ouma wat vroeer die jaar (2013) oorlede is, se baie gewilde respete boek wat sy so oor die jare saamgestel het.

Bestandele: 4 Eiers, 1 Blik Gekondenseerde Melk, 3 Eetlepels Suurlemoensap, 1 Eetlepel Meelblom, Tennis Beskuitjies, Botter

Metode: Klits die geel van die 4 eiers goed saam met die gekondenseerde melk, Voeg 3 eetlepels suurlemoensap en 1 eetlepel meelblom by.  Meng goed.  Klits nou die eierwitte tot dit baie styf is en punte vorm, Vou die stywe eierwit in by die ander mengsel.  Moenie roer nie.  Smeer 'n middelmagtige pan goed met botter.  Krummel die beskuitjies en skud dit in die gesmeerde pan totdat dit 'n laag vorm.  Giet die mengsel in die pan.  Strooi gekrummelde beskuitjies bo oor en bak vir 25 - 30 min in 'n 350F oond.

Bedien koud.

Resep uit Ouma Magda se resepte boek