Thursday 29 January 2015

Lekker Poeding

3 Koppies Warm Melk
1 Koppie Suiker
1 Koppie Brood Krummels
3 Ryp Piesangs
Bietjie Sout
4 Eiers
2 Eetlepels Appelkooskonfyt
Geursel

SKei die 2 eiers. Meng die gele 2 heel eiers met die warm melk.  Voeg suiker by, krummels en fyn gedrukte piesangs, geursel, sout en meng goed.  Bak in matige oond tot gaar.  Smeer konfyt oor.  Daarna die styfgeklopte wit van die 2 eiers waarin 3/4 koppie suiker gevoeg is.  Bak bruin in stagide oond.

Resep uit Ouma Magda se resepte boek